Ek is al ‘n Sjef in ons kontrei vir 30 jaar. Ek is die eienaar van Mad Hatter’s Coffee Shop in Lambertsbaai, met ‘n passie vir mense en kosmaak, maar veral kos wat die siel voed. Ek het skool gegaan in Clanwilliam en Citrusdal. Ek sien myself as ‘n ambassadeur vir ons streek en promoveer graag besienswaardighede en besighede vir gaste om te besoek, wanneer hulle hier deurreis. Ek heg baie waarde aan my verhouding met die Here en glo dat ek mense kan inspireer deur Radio Namakwaland om ook kos te maak, tot Sy eer!