Ek is Lizelle Burger, ‘n gebore en getoĆ« inwoner van Vredendal. Nadat ek my graad aan die US verwerf het, het ek my loopbaan as bibliotekaris by die destydse Vanrhynsdorp Munisipaliteit begin. Daarna is ek aangestel as Senior Bibliotekaris by die destydse Vredendal Munisipaliteit. Sedert 2019 is ek die Bestuurder: Biblioteekdienste by Matzikama Munisipaliteit. My betrokkenheid by die Radio het in 2000 begin toe ek die Woensdagaand-versoekprogram aangebied het. Ek was ook betrokke by die boekvoorlesingsprogram, insluitend die keuse en soms die voorlees van boeke. In 2002 het ek saam met Nellie de Kock die boekresensieprogram aangebied en het in 2004 die program by haar oorgeneem. Sedertdien is ek die aanbieder daarvan. Lees is my passie en ek beskou die radio as ‘n waardevolle medium vir die bevordering van ‘n leeskultuur, asook die belang van lees in opvoeding.