Potgooi

André Diederichs

André is ’n welbekende Christen-sakeman, openbare spreker en skrywer. Hy is ’n gereelde gas op radio- en TV-programme. As ’n geakkrediteerde familieonderneming-konsultant het hy al meer as 700 familieondernemings gekonsulteer. André is hoofsameroeper van FABASA (Family Business Association of South Africa).

Hy het elf boeke en meer as 2500 artikels in koerante en saketydskrifte gepubliseer oor belangrike sake-, finansiële en leierskaplesse. Sy boek, BEMARK van BEVARK jy, is deur SAKE RAPPORT as een van die vier beste sakeboeke vir 2014 gelys. Sy boek, A Tale of Two Brothers (geestelike roman), is in November 2020 bekendgestel en was binne ses weke in herdruk. André se Roman, NALATENSKAP, is ʼn Afrikaanse roman oor die soet en suur wat in familieondernemings afspeel. Dié boek is deur VIVA-Afrikaans as ʼn topverkoper gelys. Die drama gaan voort is sy opvolgboek, VOETSPORE WAT ONS NALAAT en sy nuutse boek RENTMEESTERSKAP.