Omroeper

Dr. Jan Oosthuizen

Dr Jan Oosthuizen is ‘n NT Sistematiese Teoloog & Plaaslike Gemeente Herder | Sosiale Entrepreneur en Brugbouer | Motiveringspreker & Skrywer | Verhoudingskonsultant en Geestelike Mentor, in voltydse bediening sedert 1990. Saam met sy vrou Chantál is hulle die geestelike leiers van die Harvester Gemeente in Clanwilliam. (www.harvestercederberg.co.za)

Jan bedryf sy eie konsultasie onderneming https://prosphero.co.za wat spesialiseer in Christus-gesentreerde denkskuif transformasie — persoonlik, kommersieel, sosiaal en geestelik. Hy is ook skrywer van Jesus, die Beste Lewe Ooit Geleef en Jesus the Story Whisperer, die persoon en werk van die Heilige Gees, Wat is God se Hart vir Sy kerk, en Dieper in Christus.

Tans dien hy op Radio Namakwaland se Direksie-dagbestuur, en tree op as waarnemende Stasiebestuurder.