Potgooi

Marietjie Nel

Marietjie Nel is al vir 30 jaar betrokke by Radio Namakwaland. Sy het op n gereelde basis programme oor Ouerskap, Temperamente, Gesondheid, Diereprogramme, Wenke en Voorlesings gelewer. Marietjie is n Geregistreerde Privaat Pastorale – en Traumaberader. Sy doen ook Sandtray – en Play Therapy met kinders. Marietjie is getroud met Riaan Nel, n Sportman en eienaar van die plaaslike Gymnasium. Hulle het 2 kinders. Seun, Chris woon in Australia en hul dogter, Zuleka is by die Here. Marietjie se werk is haar passie – MENSE (Kinders en Volwassenes). Haar ander liefde is Diere.