Liesl Louw-Vaudran is ‘n senior adviseur by die International Crisis Group, waar sy op die Afrika-unie fokus. Sy is ‘n voormalige joernalis en Afrika-redakteur by Media24, en het al in verskeie Afrikalande gewoon en gewerk, insluitend EthiopiĆ«, Senegal, Rwanda, Mosambiek, Mali, Niger, Burkina Faso, Zimbabwe en Kenia. Sy is die outeur van twee nie-fiksie boeke oor Afrika: Anderkant Timboektoe (Protea, 2008) en Superpower or Neocolonialist (Tafelberg, 2016).