Johnny Louw (Dinsdae om 07h30 op Dagbreek) is ‘n evangelis en prediker wat geken word vir sy kragtige, passievolle en reguit verkondiging van die Evangelie. Sy bynaam, “Die Wilde Stem”, het ontstaan vanweë sy vurige predikstyl en sy onverskrokke oproep tot bekering en ‘n heilige lewe. Hy bedien by kerke, mannekampe en herlewingsdienste regoor Suid-Afrika gepreek en moedig mense aan om hulle lewens aan Jesus Christus toe te wy. Johnny Louw beklemtoon die gesag van die Bybel, bekering, geloof en toewyding aan Christus. Sy liefde vir die HERE is inspirerend en aansteeklik en sy reis met Radio Namakwaland strek oor meer as 12 jaar.