Prof. Hennie Stander is ‘n emeritus professor in die Dept. Antieke en Moderne Tale en Kulture aan die Universiteit van Pretoria. Hy het sedert 1975 Grieks gedoseer. Hy was ook van 2009 tot 2018 adjunk-dekaan in die Fakulteit Geesteswetenskappe en het ook vir kort en soms langer periodes as dekaan waargeneem. Prof. Stander het ná sy aftrede in 2018 vir ‘n tydperk as direkteur van die Instituut vir Japannese Studies waargeneem, en ook as hoof van die Dept. Antieke en Moderne Tale. Hy is die skrywer van talle boeke en artikels.