Ek is dokter Louise van Coller, en ek het ‘n doktorsgraad in huweliks- en gesinsberading, wat absoluut my roeping en my beroep vervul om mense te leer om werklik waardig, in vrede en in geluk, met mekaar saam te leef. Ek het ook ‘n tweede doktorsgraad in traumahantering en post-traumatiese stresversteuring, en ek werk met die hele spektrum van uitbranding, depressie, trauma en doodsberading. Ek is ook ‘n persoonlikheidsanalis, ‘n beroepsvoorligter en ‘n houdingscoach. Ek het 23 jaar se ondervinding in hierdie beroep, en my passie is om mense te help om mekaar beter te verstaan en in vryheid en vrede met mekaar saam te leef — om werklik in die huwelik te leef en dit te geniet, sodat ons ook ‘n goeie voorbeeld vir ons kinders kan stel van wat ‘n gesonde huwelik is.