Bestuur

Pierre van Heerden

Voorsitter

Pierre is in 1961 in Moorreesburg gebore, waar hy op Dirkie Uys Laerskool en later Boland Landbou skoolgegaan het. Ná twee jaar diensplig by die Pantserskool in Bloemfontein het hy begin boer saam met sy ouers.

Sy boerdery-loopbaan het hom van Moorreesburg na Robertson, die Koue Bokkeveld en uiteindelik Vredendal geneem, waar hy in 1997 in vennootskap met sy skoonpa begin boer het. In 2006 koop hy sy eie plaas en word terselfdertyd ‘n agent vir verskeie maatskappye in landbou-chemiese produkte en kunsmis. Sedert 2018 dien hy ook as Procurement-bestuurder by Redsun Raisins, waar hy die hele Weskaap bedien – van Namibië en die Olifantsrivier tot in die Swartland en so ver as Oudtshoorn.

Pierre is in 2016 as direkteur van Radio Namakwaland verkies en dien sedert 2020 as Voorsitter van die Direksie. Hy is getroud en het ‘n seun en ‘n dogter.