Potgooi

Beau de Klerk

Beau de Klerk (Woensdae om 07h30 op Dagbreek) is bekend vir sy passievolle verkondiging van die evangelie van Jesus Christus. Sy bediening fokus op bekering, wedergeboorte, heiligmaking en die toerusting van gelowiges om as toegewyde dissipels van Christus te leef.

Hy bedien gereeld by kerke, konferensies en evangelisasiegeleenthede regoor Suid-Afrika, waar hy mense aanmoedig om ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus te ontwikkel en getrou volgens die Woord van God te leef. Beau de Klerk is bekend vir sy praktiese, Bybelgefundeerde prediking en sy begeerte om gelowiges toe te rus om geestelik te groei en die evangelie met vrymoedigheid uit te dra.