Potgooi

Sonja Janse van Rensburg

Vrywilliger-koördineerder by Geopende Deure. Sonja se werk by Geopende Deure is ‘n roeping en ‘n direkte antwoord op gebed uit die Vader se hand. Sy is verantwoordelik om vrywilligers te werf, op te lei en te ondersteun met inhoud en voorbereiding om oor ons werk te praat. Dis vir ons belangrik om ‘n diep verhouding te bou met elkeen wat ‘n hart het vir die liggaam van Christus wat ly vir hul geloof. Ons vrywilligers is die hart van ons bediening — sonder hulle kan ons nie die bewusmaking op so ‘n wye vlak doen nie.