Potgooi

Harald Pakendorf

Gebore op 22 Januarie 1940 op ‘n sendingstasie van die Berlynse Sendinggenootskap buite Middelburg in Mpumalanga. Hy was op Hoërskool Kensington, Johannesburg, en het begin uitgaan met die slimste, mooiste meisie, Aletta Greyling — steeds in die verhouding, 63 jaar daarvan getroud. Vier dogters, ses kleinseuns. Graad in geskiedenis en politieke wetenskap, Nieman-genoot op Harvard. Redakteur van, onder meer, die Rhodesian Financial Gazette, Oggendblad en Die Vaderland — die eerste twee as stigtersredakteur. Afgedank oor sy aandrang op die vrylating van Mandela, gesprekke met die ANC en die afskaffing van apartheid. Hy het daarna op TV en radio gewerk — alles deeltyds.