Maak kors van Tenniskoekies, fynner gerol en gemeng met 4 E gesmelte margarine. Druk vas in diep tertbak. Vulsel; In groot kastrol: 1 blikkie kondensmelk en 4 blikkies water, 1 E rondvol botter, en knippie sout. Meng in groot beker: 3 E maizena, 1 1/2 E koekmeel, 1 1/2 E vlapoeier, 3 eiergele en 2 t vanilla geursel. Maak aan met bietjie water. Sodra melk begin kook, roer meel-mengsel met draadklitser by, klits aanhoudend tot mengsel kook en dik is. Haal af van plaat en vou 3 geklitste eierwitte by. Skep in koekiekors en sprinkel fyn-weg kaneel oor. Jy kan ook van die krummels hou en bo-oor sprinkel. Plaas tert in yskas tot bedien.