Bedien 5 – 6 persone.
Bestandele:
500 g varkworsies, gehalveer
750ml (3k) rys, gekook.
400g (1 bl) tamatiesop
1 klein blikkie gemengde groente, gedreineer.
1 ui, fyn gekap
750 ml (3k) water
sout en vars gemaalde swart peper na smaak
Metode:
Verhit die oond tot 200⁰C en smeer `n groot oondbak. Sit die gehalveerde worsies in die voorbereide bak. Meng die res van die bestandele en gooi oor die worsies. Bak onbedek vir 20 minute of totdat die meeste vog verdamp het.