125g gesmelte margarien
1 eier
1 koppie suiker
1 koppie melk
1 koppie bruismeel
5ml vanieljegeursel
1 x 410 gr perskeskywe – dreineer en hou die stroop
Meng suiker + botter,voeg eiers by en meng tot romerig. Voeg bruismeel by en mens en dan die melk. Voeg laaste die perskes + geursel by. Bak ±1 uur by 180ºC of tot gaar. Haal poeding uit die oond en gooi die perskestroop oor. Bedien warm met room of roomys of vla.