700g klein aartappeltjies
150 ml olyfolie (Ek het ‘n nuwe suurlemoen gegeurde olie)
30 ml heelkorrel mostert
70 ml suurlemoensap (of ‘n halfwe suurlemoen se sap)
2 ryp avokadopere
Sout en swartpeper na smaak
Kook die aartappels sag maar nie pap nie
Meng die olyfolie, mostert, suurlemoensap en sout en peper
Sny aartappels in die helfte na gekook is en gooi sous oor terwyl dit warm is.
Sny die avo in skywe en sit bo-op neer en bedien warm
Bon apetite