Sif saam: 1 en halwe k koekmeel, 3 t bakpoeier, kwart t sout, voeg 2 t suiker by. Voeg 1 k melk en 1 t vanilla geursel geleidelik by, terwyl jy roer. Voeg 3 eiergele en 3 E gesmelte botter by en klits beslag deur. Klits 3 eierwitte styf en vou by deeg in. Bak wafels in warm, gesmeerde wafelpan. Bedien met roomys, room en stroop, en vars vrugte as jy wil.