Oond: 180 gr C. Gooi 1 blikke vrugte-kelkie, 410 gr, in oondbak. Klits saam in mengbak: 2 eiers, 125 ml suiker, knippie sout, 120 gr gesmelte botter, 250 ml bruismeel en 50 ml melk. Gooi bo-oor vrugte in oondbak. Bak vir 40-50 minute tot goudbruin en gaar. Bedien met vla.