Oond 180 gr C. Smeer oondpan of spuit met kossproei. Smelt 500 gr margarine, 1 k suiker en halwe k appelkooskonfyt oor lae hitte. Laat effe afkoel en voeg 2 geklitste eiers by, klits deur. Sif 500 gr bruismeel, 1 E bakpoeier en 1 en halwe t sout saam in mengbak. Voeg 500gr volkoring meel en 1k klapper en handvol sonneblom saad by. Roer bottermengsel by meelmengsel. Skep deeg in oondpan en maak gelyk en merk in stukkies, so groot soos weetbix blokkies, af. Bak vir 30- 40 minute tot gaar. Breek in stukke en droog uit by 100 gr C. Oornag