In kastrol: 1 kg vleis sopbene, 1 gekapte ui, 2 gerasperde wortels, 2 gekapte seldery stingels, 2 bief blokkies en 2 en half liter water. Kook tot vleis sag is en haal vleisbene uit op bord en sny vleis af. Sit vleis terug in kastrol. Gooi dan 1 k gort en 1 blik fyn gesnyde tamaties by. Kook verder vir 1 uur tot gort sag is. Roer water by ‘n pakkie Beesstert soppoeier en roer by sop. Kook deur vir 5 minute terwyl jy dit roer. Bedien dadelik met vars gebakte brood.