Oond 200 gr C. Voer 2 gespuite muffinpanne se holtes uit met uitgerolde skilfferkors deeg, gekoopte deeg is reg. 2 rolle deeg sal genoeg wees. Kante van deeg kan effe aan bokant van holtes uitsteek. Sit pannetjies in yskas terwyl jy vulsel maak. Maak vla-vulsel; Verhit 2 k melk, 2 k suiker en knippie sout. Klits saam: 3 E mielieblom, 3 E vla-poeier 1 t vanilla geursel en 12 groot eiergele. Roer versigtig by warm melkmengsel. Roer gedurig met draadklitser om klonte te voorkom. Kook 3 minute op lae hitte terwyl jy roer. Laat 5 minute afkoel. Verdeel die vulsel in deeg holtes. Jy behoort so 20 tertjies uit die bestandele te kry, Bak vir 20 minute, stel oond af na 180 gr C en bak nog 20 minute