Braai 1 gekapte ui en 1 gekapte knoffelhuisie in bietjie olie. Voeg by: 2 t vars gerasperde gemmer of 1 t gemmerpoeier, 2 t matige kerriepoeier, 1 t borrie, 1 t fyn komyn, 1 t fyn koljander en 1/2 t paprika. Roer deur. Voeg 10 hoenderboude en dye by en bedek met kerriemengsel. Gooi 1 blik gekapte tamaties by en 1 blikkie klappermelk. Ook sout en peper na smaak. Prut vir 30 minute tot hoender gaar is. Roer 160 ml plein jogurt by. Bedien warm op wit rys.