Pak 6 varktjops, verkieslik beenloos, in Slowcooker. Meng saam; 1/4 k tamatiesous, 1/2 k sojasous/worcestersous, 1 t fyn gemmer, 2 t gekapte knoffel husies, sout en peper. Klits saam en gooi oor tjops. Plaas deksel op en skakel Slowcooker op Low vir 6 ure. Bedien met baie wit rys vir lekker sous.