Oond 150 gr C. Strooi sout en koljander oor 8 rou varktjops en braai bruin in olie. Pak tjops in plat oondbak. Meng vlg saam: 2 t droê mosterd 1 t sout, 2 E meel, 1 gekapte ui, 2 E worcestersous, halwe k tamatiesous en 1 blikkie fyn pynappel met sous. Skep oor tjops en bak vir 1 en halwe uur in oond.