60 ml elk botter en olyfolie.1kg vark strips in dun repies gesny.2groot uie, gekap.1 knoffelhuisie, gekneus.500g klein knopiesampioene, gehalveer of heel (indien klein genoeg).100g gerookte ham, in blokkies gesny.75 ml droë sjerrie.45 ml koekmeel.375 ml suurroom.75 ml melk.20 ml mosterd of goeie korrel-mosterd.25 ml varsgekapte of 5 ml droë salieblare (pietersielie) sout en varsgemaalde swartpeper.Vars suurlemoensap na smaak ekstra salieblar, in diepvet gebraai.Verhit 45 ml elk botter en olyfolie deeglik in ‘n groot kastrol en verbruin ‘n paar repies filet op ‘n keer-vinnig oor ‘n hoë hitte – tot goudbruin.Verwyder repies en verhaal totdat al die vleis verbruin is.Hou eenkant.Smelt orige botter en sorteer ui,knoffel en sampioene totdat ui sag,maar sampioene nog ferm is.Voeg ham by en roerbraai vir nog 2 minute.Voeg sjerrie by en roer totdatal die stukkies onder in kastrol los is.Sprinkel meel oor en roer deeglik deur.Verlaag hitte.Roer suurroom en melk by en laat sous vir 5 minute oor lae hitte prut.Voeg mosterd en salie by en laat prut vir ‘n paar minute tot effens verdik.Geur na smaak met sout,peper en suurlemoensap.Plaas filetrepies terug insous el laat prut vir sowat 5 minute tot deurwarm.Wees versigtig om vleis nie te lank te laat kook nie,anders sal dit taai raak.Sit stroganoff voor met koes-koes en graneer met gebraaide salieblare.