Oond 180 gr C. Smeer die boom van n losboom-koekpan met baie botter. Sprinkel 1/2 pakkie fyn gedrukte mariekoekies op boom. Plaas in yskas. Klits 125 gr sagte botter en 185 ml strooisuiker, knippie sout en 2 t vanillageursel saam. Voeg 1 houer roomkaas, 60 ml suurlemoensap en 5 eiergele by en klits goed. Sif 30 ml mielieblom en 30 ml koekmeel oor en roer tot gemeng. Klits die 5 eierwitte styf en vou saggies by mengsel in. Gooi in koekpan en bak vir 15 minute. Draai oond af na 150 gr C. Bak vir 40-45 minute tot goudbruin en ferm. Haal uit oond en koel af in pan. Maak kante los met mes en sit op opdien bak.