Oond 180 gr C. Voer ‘n muffinpan uit met papier-houertjies. Klits saam; 175 gr sagte botter, 1 t vanilla-geursel, 1 k suiker en 4 eiers. Sif 1 1/2 k bruismeel en 2 ml sout. Vou in by eiermengsel. Skep houertjies 3/4 vol en bak vir 20 minute. Laat koel af op draadrakkie. Versiersel: Klits saam; 75 gr sagte botter, 1 1/2 k versiersuiker, knippie sout, 1 E warm water en 1 t vanilla-geursel. Skep in versierbuis en versier soos verkies.