Meng vlg bestandele saam; 2 blikkies gedreineerde tuna, 200 ml gerasperde kaas, 1 gekapte, gebraaide ui, en klein bossie vars baba-spinasie, kleiner gekap, saam gebraai in bietjie olie. 2 eiers, sout, 2 E bruismeel 1 t fyn gerasperde suurlemoenskil en 1 E suurlemoensap. Laat staan vir 10 minute in yskas. Vorm koekies en bak in vlak, medium-warm olie. Dreineer en bedien met gebakte aartappels en vars slaai.