Kook ‘n halwe pak pasta, skulpies of skroefies, Dreineer en meng by: 1 E tamatiesous, 150 ml mayonaise, 1 blik gedreineerde tuna, halwe k gekapte groenrissie, paar bevrore ertjies, 1 t suurlemoensap en sout na smaak. Vir lekkerte, kan jy ook pynappelblokkies of stukkies ingelegde perske byvoeg. Roer deurmekaar en voeg nog mayonaise by as te droog.