Was 30 klein appels af en droog goed af. Steek ‘n sosatiestokkie in elke appel. Smeer bakpapier met margarine en plaas op skinkbord. Stroop: 4 k Suiker, 1 k water, 150 ml [12 Eetlepels] gouestroop, knippie sout, 2 E botter. Kook saggies tot middelslag kraak stadium [143 gr C] Roer rooi koekkleursel by. Haal van plaat af en plaas in groter kastrol met kookwater. Doop appels een vir een in stroop, Bedek deeglik en plaas op skinkbord.