Oond 180 gr C.
Meng saam in mengbak: 1 en 1/2 k bruismeel, 1 k suiker, 1/2 k sagte margarine, 1/4 t sout, 2 eiers, 1/2 t koeksoda, 1 t fyn gemmer, 1 E hoogvol appelkooskonfyt en 1 E asyn. Meng tot gladde beslag. As deeg te droog is, voeg bietjie melk by.
Skep in oondbak en bak vir 30-35 min tot gaar.
Gooi vlg sous oor.
Meng 1 k suiker, 2 en 1/2 k kookwater en 1/4 t sout.
Roer tot alle suiker opgelos is,
Steek gaatjies in gaar poeding met vurk en gooi sous versigtig oor.
Bedien met baie vla.