10-12 groot suurlemoene
2,5 kg (12½ x 250ml) suiker
15 ml wynsteensuur
15 ml Engelse sout
1,5 l kookwater
Rasper eers die skil van die suurlemoene af en druk dan die sap uit. Gooi die skil en sap in ‘n groot glas- of emaljehouer. Gooi die suiker,sitroensuur,
wynsteensuur engelse sout bo-oor. Gooi die kookwater oor en roer deeglik totdat die suiker gesmelt het.Laat die stroop oornag staan. Syg die stroop die volgende dag deur en gooi in gesteriliseerde bottels.