BESTANDDELE
1 gekoopte wit koek
75 ml (5e) fyn appelkooskonfyt
200g (1 groot plak) donkersjokolade
200g (1 groot plak) witsjokolade
Klompie plastiekstokkies
Versiering soos silwer balletjies en gekapte neute
METODE
1. Sny korse van koek af en kap koek fyn in voedselverwerker – jy benodig 500ml krummels
2. Maak konfyt warm en roer by koekkrummels tot goed gemeng
3. Gebruik hoog vol teelepel krummels en vorm balletjie
4. Smelt sjokolade in dubbelkoker of mikrogolf teen 70% krag tot glad
5. Laat staan so tydjie om effens af te koel, maar dit moet nie weer stol nie
6. Druk stokkies eers in sjokolade en plaas vir een uur in vrieskas om te verhard
7. Druk stokkies in koekballetjies en doop koekballetjies in gesmelte sjokolade
8. Druk stokkies in foamalite of oassis sodat stokkies regop kan staan en verhard
9. Sprinkel versierings bo-oor voor sjokolade verhard
WENK
Doop stokkies twee maal in sjokolade om mooi voorkoms te gee. Wit en donker sjokolade kan gebruik word.