Oond 180 gr C. Klits saam; 60 gr sagte botter en 2 eiers. Roer 250 ml appelkooskonfyt en 1 E asyn by. Sif 250 ml bruismeel en 1/2 t sout en roer ook by. Roer 5 ml koeksoda by 250 ml melk en roer by. Skep in gesmeerde diep oondbak en bak vir 30 minute tot gaar. Gooi vlg sous oor; Meng deeglik; 500 ml room, 250 ml suiker en 2 goed geklitste eiers. Plaas weer in oond en bak verder tot sous dik is. Dien op met vla of roomys.