Deeg: Sif 250 ml koekmeel, 2 t bakpoeier en 2 ml sout. Vryf 60 gr sagte margarine in meel. Maak aan met 100 ml melk en 1 geklitste eier. Kook 3 k water en knippie sout. Sodra water kook, draai plaat na laagste hitte. Plaas lepels-vol deeg in kokende water. Plaas deksel op en kook vir 15 minute. Skep kluitjies uit met gaatjies-lepel en plaas in bak. Sprinkel kaneelsuiker oor. Skep 2 t margarine in water in kastrol en 1 E kaneelsuiker. Kook deur en gooi oor kluitjies. Bedien warm.