Tot Sy eer.
Search

Souskluitjies

Kook saam in kastrol: 1 1/2 L water, 375 ml bruinsuiker, 1 E margarine, 5 ml fyn kaneel en 1/4 t sout.   Maak deeg aan: In mengbak: 2 k koekmeel, 3 t bakpoeier, 2 ml sout, 2 E sagte margarine, 2 geklitste eiers en 125 ml melk. Roer bymekaar tot medium stywe deeg.  Gooi warm sous versigtig in oondskottel.  Skep lepels-vol deeg in stroop. Sprinkel nog 1 E suiker bo-oor. Sit deksel op en plaas in oond, 200 gr C. Bak vir 40 minute. Bedien kluitjies met stroop.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos