Prik 16 hoenderstukkies met skerp messie. Pak in glasbak en sprinkel liggies met hoenderspeserye. Gooi vlg marinade oor: Meng saam: 100 ml kook-olie, 125 ml soja of worcestersous, 80 ml tamatiesous, 80 ml asyn, 80 ml heuning en 2 t fyn gemmer. Gooi oor hoender en plaas in yskas vir 2 ure. Braai oor medium-warm kole. Verf af en toe met marinade. Kan ook in oond gebak word 180 gr C.