Oond 180 gr C. Meng saam in mengbak; 125 ml koekmeel, 75 ml mielieblom, 125 ml gesifte versiersuiker, 15 ml bakpoeier en 1/4 t sout. Vryf 60 ml botter in tot lyk soos broodkrummels. Klits 1 groot eier en maak deeg daarmee aan. Vorm koekies, of bolletjies met jou hand of sit deeg deur koekie-maker, of deur meultjie. Plaas op gesmeerde bakplate en bak tot strooikleurig. 12-15 minute. Jy kan koekies versier voordat jy dit bak, met kwart stukkies cherries of hundred and thousands.