Oond 160 gr C… Kook saam in groot kastrol: 250 gr vrugtekoekmengsel, 50 gr sitrusskil, [boksie] 50 gr rooi kersies in helftes gesny, 100 gr margarine 125 ml brandewyn, 125 ml bruinsuiker en 1/4 t sout. Kook saggies vir 5 minute. Haal van stoof en roer 5 ml koeksoda by. Dit bruis op, pasop vir oor skuim. Koel af. Klits saam in beker; 1 groot eier, 60 ml sjerrie en 60 ml melk saam. Roer by vrugtemengsel Sif 200 ml bruismeel, 60 ml kakaopoeier en knippie sout saam en roer by vrugtemengsel. Skep in gevoerde, gesmeerde 22 cm koekpan. Bak vir 90 minute. Toets of koek gaar is deur toetspen in middel van koek te druk, as nog rou, bak verdere paar minute tot gaar. Keer uit pan en sprinkel nog sjerrie/brandewyn oor… Jy kan ook lemoensap gebruik i.p.v drank.