Tot Sy eer.
Search

Sjokolade-mousse Roll

Maak mousse as volg: Smelt 2 plakke [200 gr] donkersjokolade en 250 ml room tot glad. Plaas in yskas.   Roll: Skei 2 eiers en klits 2 eierwitte styf. Plaas eenkant. Klits saam: 2 eiergele plus 1 heel eier en 80 ml strooisuiker tot dik en liggeel. Sif 125 ml koekmeel, 1 t bakpoeier, 60 ml kakaopoeier en knippie sout saam. Vou met metaallepel in by eiermengsel. Vou styfgeklopte eierwitte egalig in by deegmengsel, Skep in gevoerde, gesmeerde rolkoek pan. Bak vri 10-12 minute tot gaar by 200 gr C.  Keer uit op skoon, klam vadoek, waaroor 1 E klapper gesprinkel is.  Laat heeltemal afkoel. Rol vadoek met rolkoek oop. Klits mousse tot lig en sag. Smeer mousse bo-oor koek en rol versigtig op. Plaas op plat koekbord. Sif kakao of versiersuiker bo-oor.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos