Klits saam: 2 eiers en 250 ml suiker. Verhit 1k water, 45 ml olie en 45 ml kakaopoeier vir 1 minuut in mikrogolf. Sif 250 ml koekmeel, 2 t bakpoeier en knippiesout saam oor eiermengsel. Vou met metaallepel in eiermengsel. Meng kakao mengsel versigtig by deegmengsel. Gooi in gespuite mikrogolf ringpan en sit vir 5-7 minute op hoog in mikrogolfoond. Laat staan vir 5 minute en keer uit op draadrakkie. As heeltemal koud, versier met vlg versiersel. Versiersel: 125 ml Idealmelk, 125 ml kakaopoeier en 375 ml versiersuiker. Meng alles goed deur. Plaas koek op bord en gooi oor koek. Strooi gekapte neute oor.