Tot Sy eer.
Search

Sjokolade Malvapoeding

Oond 180 gr C.   Klits  saam in mengbak: 80 gr sagte botter, 250 ml suiker, 2 eiers, 5 ml vanillageursel.    Sif saam: 500 ml bruismeel, 3 E jajaopoeier, 1 t koeksoda en 1/4 t sout.   Klits saam: 500 ml melk, 2 E asyn en 3 E appelkooskonfyt.  Roer 3 mengsels bymekaar en skep in diep gesmeerde oonbak.  Bak vir 40 minute tot gaar.  Maak sous terwyl poeding bak.   Sous: In kastrol: 1 blik Idealmelk, 3 E botter, 125 ml suiker en 3 E kakaopoeier, of 100 gr sjokolade. en knippie sout. Roer op medium-hitte plaat tot suiker gesmelt is. As tert gaar is, steek vol gate met groot vurk en gooi sous versigtig oor. Bedien met roomys of vla.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos