Oond 180 gr C. Meng saam in mengbak: 3/4 k suiker, 1 k bruismeel, 1/2 k kakaopoeier en 1/4 t sout. Roer by: 1/2 k melk en 1/3 k gesmelte margarine. Skep deeg in diep gesmeerde oondbak. Meng vlg vir bo-laag: 3/4 k suiker, 1/4 k bruinsuiker, 1/4 k kakaopoeier en knippie sout. Strooi oor deeg. Meng 1 1/2 k sterk, swart koffie en 1 t vanilla essens en gooi versigtig bo-oor. Moenie roer nie. Bak vir 30-40 minute tot gaar. Bedien met roomys.