Maak beskuitjie kors van chock-crust koekies en bietjie gesmelte botter, druk vas in tertbak. Vulsel: Skep 1 blikkie karamel kondensmelk op kors en smeer plat. Plaas 200 gr donker sjokolade, gebreek, in glasbak met 180 ml room en 40 gr botter. Smelt oor kastrol met kookwater. Roer tot glad en gooi bo-oor karamel kondensmelk. Plaas in yskas tot jy dit bedien. Versier met geklopte room as jy wil.