Meng saam: 1 blikkie sjokolade-kondensmelk, 500 gr [2 en halwe k] versiersuiker, knippie sout, 250 sagte margarine, 2 t vanilla geursel en 2 E koffiekorrels, opgelos in 2 E kookwater. Meng goed saam en voeg 1 pakkie gebreekte Mariekoekies by. Jy kan ook gekapte neute gebruik. Druk vas in gesmeerde plat bak. Laat koud word in yskas. Sny in blokkies