Tot Sy eer.
Search

Ryskluitjies

Kook ‘n driekwart koppie rou rys in 2 k water   met halwe t sout. As alle water weggegook het, trek van stoof en roer 1 E botter en 2 E suiker by. Druk effens fyner met lepel. Klits 2 eiers en roer by asook 2 E bruismeel. Kook deur tot dik. Trek van stoof af. Voeg stroop bestandele saam in kastrol: 1 en halwe k water, halwe k suiker, 1 t fyn kaneel, kwart t sout, 2 E botter. Bring tot kookpunt en roer 1 E maizena met bietjie water tot glad en voeg by terwyl jy roer. Kook 1 minuut en gooi helfte van stroop in diep bak. Skep lepels vol rysmengsel in stroop en gooi orige stroop oor. Plaas deksel op en hou warm. sprinkel nog fyn kaneel oor.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos