Gooi 200 ml sago in 250 ml room en 250 ml melk. Laat staan 2 ure. Kook saggies tot deurskynend en gaar. As mengsel te slap is, roer 1-2 t maizena, opgelos in bietjie water by, en kook deur. Haal af van stoof. Voeg 1 blik kondensmelk by. Klits 2 eiergele en 1 t vanilla en 1/4 t sout saam. Voeg by sago. Sprinkel 1 t bakpoeier oor en roer saggies deur. Klits 2 eierwitte styf en vou by mengsel in. Skep in gesmeerde oondbak. Bak by 180 gr C. vir 20-30 minute. Bedien met appelkooskonfyr, of sprinkel kaneelsuiker bo-oor.