Skil 6 stewige pere, behou stingels, haal pitte onder uit. Verhit 2 k rooi wyn, 1 k suiker knippie sout, repies suurlemoenskil, 1 stuk pypkaneel, 3 heel naeltjies. Kook deur. Sit pere binne in mengsel en prut 30-45 minute tot sag en gaar…pere moenie uitmekaar val, moet nog stewig wees. Haal pere uit en verdik sous met 1 t mielieblom [maizena] in bietjie water opgelos. Skep pere in opdien bord en giet stroop bo-oor. Bedien met vlg sous: Meng saam; 1 k room, 1 E versiersuiker, 1 t vanilla geursel en 1 k plein yogurt.