Oond 180 gr C. Deeg: Sif saam: 500 ml koekmeel, 2 t bakpoeier en knippie sout. Vryf 100 ml sagte botter in. Klits 2 eiers en voeg by, maak aan met hande, Voeg bietjie water by om dit sag hanteerbare deeg te maak. Rol deeg reghoekig uit en smeer dik met appelkoos/aarbei konfyt. Rol deeg versigtig soos ‘n roll koek op en plaas in gesmeerde oondpan. Sous: Kook saam: 1 k suiker, 30 ml botter, 2 k water , 1 t vanillageursel en knippie sout. Gooi versigtig oor deeg rol in pan. Bak vir 45-50 minute tot goudbruin. Gooi van tyd tot tyd van die stroop bo-oor rol. Sny in dik snye en bedien met baie vla.